22 dae gelede
WWE-ster verwag eersteling
Becky Lynch (www.com)
Becky Lynch  ~ WWE

BECKY Lynch het Dinsdagoggend op Raw afstand gedoen van haar Raw Women's Championship, want sy gaan oor 'n paar maande 'n nuwe en belangriker titel bykry.

Becky het aangekondig dat sy ma gaan word. Sy verwag haar en haar verloofde, die voormalige WWE-kampioen Seth Rollins, se eersteling.

Sy het daarna voortgegaan om haar Raw Women's Championship, waaraan sy vir meer as 'n jaar vasgeklou het, aan die Japannees Asuka te oorhandig.

Asuka was die wenner van die leergeveg by Money in the Bank wat haar verseker het van 'n toekomstige geveg vir Becky se titel. Dit sal nou nie meer nodig wees nie.

"The Man", soos Becky bekendstaan, se aankondiging oor haar swangerskap kom ná die fans vir die afgelope paar weke bespiegel het oor haar afwesigheid. Haar laaste geveg was by Wrestlemania 36 in Maart.

Daar is nou rumours dat dit die einde van haar loopbaan in die kryt is.

Sy sê aan die tydskrif, People, dit is so 'n gelukkige tyd vir haar, maar is tog ook so hartseer.

"Ek was lief hiervoor (rofstoei) en het my lewe daaraan gewy. Ek het alles in die bedryf bereik wat ek wou. Ek weet nie wat die volgende hoofstuk vir my inhou nie, want ek kan net dink wanneer ek alleen is."

becky
Becky Lynch (regs) oorhandig die Raw Women's Championship aan Asuka.

Becky sê aan People sy weet nie hoe haar prioriteite nou gaan verander nie en wat sy in die toekoms gaan doen nie.

"Ek wou altyd kinders hê. Ek was so gefokus op my loopbaan dat dit een van daai goed geword het, waar jy 'n droom vir so lank najaag, dat jy wonder of jy daarby gaan uitkom. Toe ons (sy en Seth) begin uitgaan het dinge duideliker begin word en ek het geweet hy is die persoon met wie ek kinders wou hê, dat dit gaan gebeur en dat dit net 'n kwessie van tyd is."


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters