5 dae gelede
WWE kom gooi nou eers later ’n draai
OP YS: Die WWE Live-toer gaan nou in September plaasvind.  ~ Foto Verskaf

ONS sal maar nou later in die jaar na die WWE Live-toer moet kyk.

Die WWE-toer was veronderstel om in Mei hier in Suid-Afrika plaas te vind. Maar die toer is weens die Covid-19-pandemie vir eers uitgestel.

Van die stoei-sterre wat ’n draai hier in Mzansi gaan kom gooi, is Seth Rollins, Becky Lynch, Charlotte Flair, Bobby Lashley, The O.C., Ricochet en Aleister Black.

Die organiseerders, Big Concerts, het laas week laat weet die toer sal wel later in die jaar plaasvind.

“Jou veiligheid is altyd ons top-prioriteit. Die Suid-Afrikaanse regering het openbare byeenkomste van meer as 100 mense verban. So, onder hierdie omstandighede is die WWE Live-toer vir eers uitgestel tot September.”

Geldig

Hier is die nuwe datums:

  • Kaapstad – 10 September 2020 by die Grand Arena, GrandWest
  • Durban: 11 September 2020 by die Moses Mabhida Stadium
  • Johannesburg: 12 September 2020 by die Ticketpro Dome.

Kaartjies vir Kaapstad en Durban gaan steeds geldig wees vir die nuwe datums.

As jy vir die toer kaartjies gekoop het, moet jy Computicket kontak by info@computicket.com om jou nuwe booking te prosesseer. Jy moet die ouens by Computicket voor Vrydag 15 Mei 2020 kontak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters