6 dae gelede
'Will & Grace'-aktrise sterf
Will & Grace
Megan Mullally en Shelley Morrison in 'Will & Grace'.  ~ Getty Images

DIE aktrise Shelley Morrison van Will & Grace-faam is op die ouderdom van 83 dood.

Haar reklame-agent Lori DeWaal het aan CNN bevestig dat sy Sondag in Cedars-Sinai mediese sentrum in Los Angeles dood is aan ’n hartaanval.

Morrison was wel bekend vir haar rol as Karen Walker (Megan Mullally) se bediende, Rosario, in die bekroonde NBC-sitkom.

Volgens The Hollywood Reporter was Morrison slegs vir een episode geteken, maar het aan die einde van die eerste seisoen vir nog 67 episodes teruggekeer en aangehou totdat die show in Mei 2006 geëindig het.

DeWaal sê in 'n verklaring Shelley se grootste trots as aktrise was haar rol as Rosario. 

“Sy was ook trots op die uitbeelding van ’n sterk, liefdevolle, maar tog feisty Latina-karakter”.

Morrison het geglo dat komedie die beste manier is om harte en denkwyses te verander. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters