Verlede maand
Wikkel jou lagspiere by funny-fees
Loyiso Gola
Loyiso Gola is een van die gaste by die fees.  ~ Foto Verskaf

DIE grootste komediefees in Suid-Afrika is terug! 

Maak jou gereed om te skaterlag by die Cape Town Funny Festival wat vanaf 1 Maart by die Kunstekaap plaasvind. 

Die fees hou ’n hele week aan en bied 'n verskeidenheid comedy shows aan, na almal se smaak.

Die fees raak ook aan die nuutste global trends.

15 internasionale kunstenaars uit die Komedie-hoofstede in die wêreld sluit aan by Suid-Afrika se snaakstes.

Die fees het ’n trotse geskiedenis van die bekendstelling van die mees prominente komediante aan insluitend Jim Jeffries, Jimmy Carr, Russell Peters en Trevor Noah. 

Van die show se hoogtepunte hierdie jaar is; Bafunny Bafunny, U.N Comedy Show (Nik Rabinowitz en Dealt.)

Kry jou kaartjies by Webtickets. Pryse is vanaf R190.

Vir meer inligting besoek www.capetowncomeyfestival.com.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters