4 maande gelede
Wendy Williams se jollerman maak draai by ’n pawn shop
staan op skei: Wendy Williams se vervreemde man het juwele in die pan gaan sit. Foto: getty images  ~ 

TERWYL Wendy Williams heel carefree Independence Day vier, skarrel haar jollerman by pawn shops rond vir tjieng.

Radaronline het footage van die TV host se vervreemde man, Kevin Hunter, waar hy juwele innie pan gaan sit vir kontant. Dis nadat antie Wendy hom vir ’n egskeiding van sowat R842 miljoen gedagvaar het.

Sjym, die stomme man is nou sonder sy vrou se geld. Nou lyk dit hy sukkel om kop bo water te bly.

Ek weet nie hoekom die joller, wat glo ’n buite-egtelike kind het, nie eerder ’n draai by die car dealer gaan maak het nie. Die dommie het in sy Rolls-Royce SUV, wat sowat R4,5 miljoen werd is, gery. Hy het dié ryding in die ’n bus lane geparkeer voordat hy hom met ’n klein sak in sy hand na die pawn shop gehaas het. Wat in die sakkie was, weet ons nie. Maar volgens video footage was hy skaars 15 minute in die winkel.

As ek Kevin was, sal ek heel eerste daai posh kar laat gaan het ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters