5 maande gelede
Watch net hoe spoil Bruno sy band mates!
CHUNKY! Die Hooligans spog met hulle larney horlosies. Foto’s: instagram  ~ 

BRUNO Mars is dalk net die beste baas ooit!

The Juice berig die 33-jarige Hawai­se sanger het sy hele band met peperduur hor­losies bederf.

Die band word mos The Hooligans genoem – en nou spog elke Hooligan met ’n Audemars Piguet Extra-Thin Jumbo Royal Oak.

Bruno het diep in sy sak gekrap vir dié arm candy. Die horlosies kos $55 400 (sowat R767 000) elk. Die geskenke aan lede van sy 24K Magic-wêreldtoer het hom dus $443 200 (sowat R6,2 miljoen) teruggesit.

Die superster het foto’s van die okkasie op Instagram gelaai. Daarby staan: “My boys continue to show the world what time it is, and a band that sings together blings together!”

Sjoe, ek wens ek was ’n Hooligan!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters