9 dae gelede
Vrou sal skei ná DJ pay
ROEP HALT: DJ Black Coffee en Enhle Mbali Mlotshwa se egskeiding is glo op ys gesit.  ~ Gallo Images

JULLE, DJ Black Coffee se vrou, Enhle Mbali, het nie tyd vir speletjies nie – sy soek miljoene voordat sy van hom gaan skei.

The publikasie Sunday Sun berig dat die famous paartjie se egskeiding vir eers op ys geplaas is oor die aktrise en modeontwerper ’n hele rits eise aan haar vervreemde man gestel het.

Enhle soek na bewering R4 miljoen vir haar regskostes in haar egskeidingsaak teen die internasionaal bekende DJ. Sy eis ook dat Black Coffee haar maandeliks R100 000 betaal.

Dié bedrag sluit onderhoud vir hul kinders in.

’n Bron het aan die publikasie vertel dat Enhle ook vergoeding vir haar mediese rekeninge soek.

Moeilik

Enhle se publicist, Tlhogi Ngwato, het aan ZAlebs gesê prokureurs behartig die saak.

“Alle partye werk saam aan ’n vreedsame oplossing.

“Egskeiding is nie ’n maklike proses nie en die beëindiging van enige huwelik is moeilik.”

Gebruikers op Twitter het ook ’n eiertjie te lê gehad oor Enhle se eise. Twieps meen Enhle is ’n gold digger en wil haar man kaal uittrek.

As jy my vra, sê ek dít wat Enhle soek, is nog te min. Sy weet haar man rol in die pitte en hy het keer op keer haar hart gebreek.

So, die vrou soek maar net wat haar toekom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters