13 dae gelede
Vrou in ander tyd vir Kim
lui? Kim Kardashian vermy die negemaande-ding. Foto: WWD.com  ~ 

JA, EK weet ek skinder elders oor Kanye West, maar dié brokkie gaan eintlik oor sy vrou, Kim Kardashian.

Sy het al gewys sy is te lui om haar lyf te herwin ná swangerskap en ’n bevalling, daarom het hulle mos die surrogate route gevolg.

Nou gaan hulle weer ’n kind hê, ’n seun, wat in Mei sy opwagting behoort te maak.

En volgens TMZ volg die couple­ dieselfde roete.

Dis seker nie nuus nie, maar wat wel groot nuus is, is dat hulle nie dieselfde vrou gebruik om hulle nuwe telg te dra nie.

Dis blykbaar nie omdat hulle nie van die vorige een hou nie, maar net omdat sy dié keer nie beskikbaar was nie.

Vierde

Die girl van so 20-something is laas jaar gebruik om Chicago te dra. Sy het intussen pregnant geword met ’n kind van haar eie.

Ingeligtes (hoe dan anders?) sê Kim en Kanye het nou ’n nuwe vrou gehuur om in die ander tyd te wees met hulle vierde kind.

Daar is weinig inligting oor dié nuwe surrogaat, maar daar word geglo sy sal darem dieselfde profiel as die vorige een hê, want Kim en Kanye wil, soos voorheen, involved wees.

Jeez, die arrogansie en slapgat­geid dat jy nie eens jou eie kind wil dra nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters