3 maande gelede
Vortex suig talle in
Psychedelic, nuh? Só gaan die ding ruk by Vortex Trance Adventures se trance-musiekfees. foto verskaf  ~ 

HELDER die winter op met Vortex Trance Adventures se musiekfees.

Jip, dié drie dae lange Phoenix-musiekfees van vuur en klanke is terug.

En die line-up is witwarm. Die plaaslike en internasionale DJ’s gaan maak dat jy jou lyf wíl wikkel.

Die wêreldberoemde Britse DJ John 00 Fleming sal ook op die stage wees.

Wat dié fees éérs lekker gaan maak, is dat dit by Nekkies naby Worcester aangebied word, reg langs die pragtige Breederivier.

Workshops sal aangebied word en daar sal trade stalls en kosstalletjies met ’n verskeidenheid eetgoed wees.

Rus

Maar dis die dansvloere waar dinge – en lywe – gaan ruk, so, jy kan jou maar klaarmaak vir meer as een dansvloer.

En wanneer jy jou voete ’n bietjie wil laat rus, kan jy jou in een van die gemak­like chill areas neerplak.

Benewens John OO Fleming, is die line-up vir die fees soos volg: Dekel, Itone, Deliriant, Killer B, Bernz, K-Jos, DJ Mark, Saai, Sonic, Skitzo, Absynth, Tune Raider, Jukebox, Crushharder, Gryphon-X, RoomMush, Dynamic Range, Danimal, Double Story, Siren, Multifect, LS.Dork, Stereo Fiction en Jostradamus.

Toegang is R550 vir bywoning Vrydag tot Sondag en R450 vir bywoning Saterdag en Sondag. Kaartjies is beskikbaar by Quicket.

  • Jy kan ’n stel dubbelkaartjies na dié fees wen.

Beantwoord net die volgende vraag reg: Waar gaan Vortex Trance Adventures se musiekfees plaasvind?

SMS die antwoord met jou naam en van na 35128.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters