3 maande gelede
Vloeiende lyne vlei vrouelyf
Glitzy: Hierdie outfit is vir ’n vrou wat nie skaam is om been te wys nie. Foto’s:roelse events  ~ 

DENZIL Pillay se nuwe klerereeks sal jou oë verblind so asemrowend en vol blinkers is dit.

Die 32-jarige ontwerper, oorspronklik van Kimberley, het sy nuutste collection die naam Glamourzon gegee.

Hy verduidelik: “My signature style was nog altyd over the top.

“My ontwerpe is on trend, kreatief en innovative, maar ook sexy en classy.

“Vroue kan uitsien na sheer fabrics met vloeiende lyne en baie blinkers vir ’n aandjie uit. Die mansdrag is meer gefokus op die moderne en kontemporêre man.”

Denzil het pas sy nuwe reeks by die Beauty Beyond Imperfections-modeskou gewys. Hier’s my favourite looks wat op die loopplank was.

moderne man: Die edgy tracksuit is beslis baie trendy.
aand uit: Dié silwerkleurige hoodie outfit is perfek om na ’n club te dra.
veelsydig: Die pragtige faux fur-bostuk kan deur ’n man of vrou gedra word.
showstopper: Jy sal vir seker nie misgekyk word in hierdie sexy blink moderne broekie en baadjie-pak nie.
talent: Denzil Pillay het omtrént my asem weggeslaan met sy Glamourzon-reeks.
vol selfvertroue: Dié uitrusting met die oversized moue sal beslis vir drama sorg.
Iets anders: Die moderne man sal mal wees oor hierdie eenstuk met die silwerkleurige detail.
Glitzy: Hierdie outfit is vir ’n vrou wat nie skaam is om been te wys nie. Foto’s:roelse events

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters