2 maande gelede
V.I.T.O reik vars klanke in Nam-Afrikaans uit
lekker local: V.I.T.O se nuwe album, Ek Is Trots, is nou beskikbaar.foto verskaf  ~ 

FANS van die Namakwalandse sanger V.I.T.O, hier’s goeie nuus vir julle ...

V.I.T.O, wie se regte naam Vito Heyn is, het pas weer ’n album, Ek Is Trots, uitgereik. Die songs is geskryf en opgeneem deur V.I.T.O self.

Hy sing die 14 songs in sy lekker Nam-Afrikaanse (Namakwalandse Afrikaanse) styl.

Benewens “Ek Is Trots” sing V.I.T.O ook “Spook ini Gang”, “Nuwe Sexy”, “Kombuistaal” en “Outjie vannie Platteland”.

V.I.T.O vertel: “Die idee vir die album het begin toe ek ‘Ek Is Trots’ opgeneem het.

“Dit is beskrywend van Namakwaland, die mense wat hier woon en ons gewoontes. Die video is op YouTube.

“Die songs is stories wat ek in my Nam-Afrikaanse rap-styl vertel.

“Dis ’n konsep-album gegrond op humor en sal jou definitief laat smile.

“Ek raak ook topics aan waaroor sommige mense skaam is om te praat, soos dat ons kombuistaal praat en dat ek bang is vir spoke.

Op die album feature plaaslike kunstenaars soos Brandon Britz, Ashville Cloete en Schanté Beukes.

Die musiek is vervaardig deur El Clay, Oxxi, Kenza, PeddyBeatz, Keeny-B, DJ Toy en die Rockets se tromspeler, Bruce Newman.

Hulle is natuurlik almal plaaslike talent.

V.I.V.O sê: “Ek is ’n outjie van die platteland en wil mense graag met my musiek vermaak en inspireer.”

As jy V.I.T.O wil kontak, kan jy hom bel by 060 468 9623 of ’n e-pos stuur na vitotunez@gmail.com

Hy is ook beskikbaar op Facebook, Instagram en YouTube onder “Vito Heyn”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters