10 dae gelede
Video spook by Drake
in die sop: ’n Ou video waarin Drake ’n 17-jarige meisie op stage bevoel en soen, het opgeduik.Foto: getty images  ~ 

EERS was dit R. Kelly wat as ’n sex predator uitgekryt is, en nou is dit Drake (32).

Dié is nou diep in die sop nadat ’n ou video van hom opgeduik het.

In dié video bevoel­ en soen dié ou kans­vatter mos ’n minder­jarige meisie­ op die verhoog.

Ek sien op The Juice dit was in 2010 op ’n show in Colorado dat Drake die on­bekende 17-jarige op die verhoog genooi het.

Drake, wat toe 24 was, het die meisie se hare geruik, haar gemassage en toe haar skouers gesoen.

Tronk

In die video sê hy aan die gehoor: “Julle gaan maak dat ek weggevoer raak.

“Ek kan in die moeilikheid kom vir dié tipe goed.”

Dit was eers nadat hy die girl ’n bietjie bevoel het, dat hy haar gevra het hoe oud sy is.

Die gehoor lag toe Drake sê: “Ek kan nie nou al tronk toe gaan nie.

“Jy is 17 en jy lyk soos dié? Jy is thick. Kyk, ná ál dié weet ek nie of ek skuldig moet voel nie, maar ek het dit geniet.”

Baie fans is moerig daaroor hy nog voortgegaan en haar lyf bespreek het.

In die video sê Drake: “Ek hou van hoe jou borste teen my bors voel. En ek wil net dankie sê.”

Dis nie ál nie!

Drizzy het die meisie toe op haar hande, voorkop, wange en lippe gesoen voordat hy haar van die stage af gelei het.

En dít alles nadat sy vir hom gesê het sy is 17.

Sies, Drake!

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters