2 maande gelede
Verdriet met selluliet
pragtig: Demi Lovato het voorheen haar foto’s ge-edit.Foto: wikipedia  ~ 

DEMI Lovato is onbeskaamd, onbevrees en trots op haar lyf – met selluliet en al.

Ons bly in ’n wêreld waar gebreke met airbrushes en Photoshop uit foto’s weggetoor kan word. Maar dié sangeres vat nou eens en vir altyd ’n stand teen body-shaming.

Die 27-jarige het ’n foto op Instagram gepost waarby sy laat weet het dat dit nog altyd haar grootste vrees was om ’n unedited foto van haarself in ’n bikini te plaas.

Haat

En sy sê nogal: “Raai wat, dis SELLULIET!”

“Ek is so moeg daarvan om skaam te wees vir my lyf en om dit te edit. (Ja, die ander bikini-foto’s was ge-edit – en ek haat dat ek dit gedoen het).

“Ander mense dink dis hulle idee van wat pragtig is, maar dis net nie ek nie.”

Demi sê sy wil hê dié nuwe hoofstuk in haar lewe moet gaan oor hoe eg sy oor haarself is.

“Ek wil nie iemand anders se standaarde hê nie,” sê sy.

Sy sê sy face nou haar vrese – “onbeskaamd, onbevrees en trots” op haar lyf. – eonline.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters