5 dae gelede
‘Verander die status quo’
Sterk vrou: Sasha-Lee­ Olivier gaan Suid-Afrika in Desember verteenwoordig in die Mej. Wêreld-kompetisie.  ~ Gallo Images

SUID-AFRIKA se verteenwoordiger vir Mej. Wêreld, Sasha-Lee Olivier, fokus op slagoffers van seksuele mishandeling vir haar veldtog Beauty with a Purpose.

Sy het haar veldtog #ItsNotYourFault dié week op ’n konferensie in Sandton, Johannesburg, bekend gestel.

Sasha-Lee, wat vanjaar se naaswenner van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie is, het vertel dat sy self ’n slagoffer van seksuele mishandeling was.

“Saam met verkragting en langtermyn- seksuele mishandeling kom daar ’n diepe skaamte.

“Diegene wat gely het deur predators, voel verantwoordelik vir hulle eie mishandeling en is skaam oor wat saam met hulle gebeur of gebeur het.

“Ons moet die status quo verander – die shame behoort glad nie aan die slagoffer nie.”

Die beauty queen sê sy wil graag “Rape Comfort Packs” aan die slagoffers van seksuele aanranding skenk.

Vlag

“Ek hoop die pakkies waarin basiese higiëniese produkte, ’n teddy bear, suiker en ’n personalised card is, gaan die slagoffers se waardigheid aan hulle teruggee en hulle verseker dat die aanval nie hulle skuld was nie.”

Die mooie Sasha-Lee gaan op 14 Desember Suid-Afrika se vlag hoog laat wapper wanneer sy in Londen aan die Mej. Wêreld-kompetisie gaan deelneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters