5 dae gelede
Vegan Michelle straal op selfie
JONG BLAAR: Michelle Pfeiffer (61) is “oud” maar nog nie koud nie.  ~ Instagram

OUD maar nog nie koud nie!

DÍs nou die gepaste sêding vir die beeldskone Michelle Pfeiffer.

Die 61-jarige aktrise het laat val dat vandat sy ’n vegan is, haar vel só goed lyk.

Kyk, sy het onlangs weer die internet geskok met haar fresh-faced selfie.

Channel24 skryf hoe opvallend Michelle in haar nuutste makeup-free selfie lyk.

Sy trotseer die ouderdom in dié ongelooflike foto wat sy op haar Instagram gepost het.

Komplimente

Die foto is skitterend. Dit wys die natuurlike skoonheid wat glimlag, met haar blonde hare wat na die kant toe lê.

Volgens Fox News het die komplimente ingestroom soos fans kommentaar gelewer het.

Een fan het geskryf: “Jy laat my uitsien daarna om oud te word.”

Naomi Campbell, een van Michelle se vriendinne, het ook van haar laat hoor deur die vuur-emoji in die kommentaar te laat.

Michelle sê dis oor haar vegan-leefstyl dat sy so jonk lyk.

“Ek het regtig ’n verskil in my vel opgemerk, nie te lank nadat ek oorgeskakel het na vegan toe nie,” het sy aan Wonderwall verklap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters