3 dae gelede
Vanjaar kook dit weer by Jazz on the River Banks
kunstenaar: Judy Boucher keer terug na die Jazz on the River Banks-verhoog. Foto: fuad rahman  ~ 

HET jy al jou kaartjies vir Jazz on the River Banks? Die gewilde fees word vanjaar vir die derde jaar aangebied – in die Paarl.

Die hekke maak 07:00 op 16 Desember oop en daar is hope parkering teen R20 per motor. Daar sal shuttles van die parkeerarea af wees.

Van die kunstenaars wat gaan optree, is Judy Boucher, Karin Kort­je, The Rockets, Salome, Vuvu Kumalo, Selwyn Bartley, Sammy Webber, Jeodhouse, N2, Loukmaan Adams, Nur Abrahams, Collinesia Hawker, Loren Erasmus, Public Opinion, Highly Contagious, Heart & Soul, Delirium, Cold Sweat, Bass­Mint en DJ Spartan.

Bouncy sal die MC wees.

Jy word toegelaat om ’n gazebo, kampstoele, piekniekmandjie, asook jou eie XYZ en braaigoete in te bring. Net gasbraaiers word toegelaat.

Daar gaan ’n kontantkroeg sowel as verskeie stalletjies met kos, tatoes, koeldranke, ys, hout, roomys en selfs speelgoed wees.

Daar is ook ’n spesiale kinderarea.

Kaartjies kan teen R150 by Computicket gekoop word. Dis R80 vir kinders tussen 7 en 12 en kinders 6 en jonger mahala. Vir meer inligting kan TC Event Management by 082 795 4521 gekontak word.

Of stuur net ’n e-pos aan jazz@tcevents.co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters