3 maande gelede
Vanaand is die aand!
Cheswyn Ruiters Foto’s: light lounge studio  ~ 

VANAAND word die heel eerste wenner van die kyk­NET show Maak My Famous aangewys.

Hoewel daar verskeie kategorieë was, is die topvier in die kompetisie almal sangers.

Komediante en dansers kon byvoorbeeld ook deelneem.

Die finaliste is Cheswyn Ruiters van Worcester, Megan­ Danner van Potchefstroom, Bernice van der Westhuizen van Swartruggens en SA Ensemble.

UItgesaai

Dié drietal droom daarvan om eendag met die gewilde Suid-Afrikaanse groep Freshlyground ’n verhoog te deel.

Die finaal word vanaand 20:00 op DStv-kanaal 144 en 145 uitgesaai.Vir hierdie episode maak die Maak My Famous-top-10 weer ’n verskyning.

Kurt Darren, Karen Zoid en Belinda Davids sal ook optree.

Stel solank ’n reminder iewers.

Jy wil nie die highlight van die seisoen misloop nie!

MeganDanner
SA Ensemble
Bernice vander Westhuizen
Cheswyn Ruiters Foto’s: light lounge studio

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters