10 dae gelede
Tyrese rek sy bek oor 'The Rock'
’N FLOP? Dwayne “The Rock” Johnson en Jason Statham is te sien in die movie Hobbs and Shaw.foto verskaf  ~ 

TYRESE Gibson soek weer skoor met Dwayne “The Rock” Johnson.

In 2017 was Tyrese mos lekker moerig oor aflewering 9 van die gewilde Fast & Furious franchise agtertoe geskuif is oor hulle eers ’n movie met sy medesterre The Rock en Jason Statham wou uitreik.

Daai spin-off movie, Hobbs and Shaw, draai nou in teaters en dit vaar nie juis goed nie.

Ek het op The Shade Room gesien Tyrese het sy Fast-brasse gedrag oor die movie nie so baie geld inbring nie.

Hy het op Instagram ’n screenshot gepost van ’n artikel oor watter flop die spin-off by die box office is. Saam met dié screenshot, wat nou op Instagram delete is, skel hy: “Ek moet my respek vir een ding wys. Hy’t probeer. Mense het gesê ek is ’n hater en ek’s aangeval oor ek daaroor gepraat het.”

En: “Om die gesin op te breek het duidelik nie die waarde wat mense sou dink nie.”

Ek val nie hiervoor nie. Ek dink dis ’n publicity stunt om net weer die aandag op Fast 9 te fokus.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters