10 dae gelede
Twitter: Amanda kan loop vlieg
GEKAP: Gebruikers op Twitter meen Amanda du-Pont is onverantwoordelik om nou te reis.  ~ Foto Verskaf

KYK, Twitter gaan nie toelaat dat jy Mzansi vir ’n ride vat nie – nie eens as jy die pragtige Amanda du-Pont is nie.

Ons prez het mos mooi verduidelik dat ons weens die Covid-19-pandemie nie eintlik nou ander lande kan besoek nie. Maar dié aktrise het nie ore nie. Sy het haar gat afgevee aan ons prez en is na Turkye, waar daar Maandag 18 gerapporteerde gevalle is.

Twitter het die aktrise uitgemaak as reckless en onverantwoordelik toe sy laat hoor het hoe opgewonde sy is om na dié land te travel.

Bemark

Maar wat die gebruikers op Twitter erg moerig gemaak het, is dat Amanda en ander influencers probeer het om die lugredery Turkish Airlines te bemark te midde van die pandemie.

Een gebruiker skel op Twitter: “Die airline druk Suid-Afrikaanse influencers om content te skep van hulleself op vlugte om vrees by die consumer te verminder – en die influencers gee in.”

Nog een lag oor die local aktrise nou in die sop is: “So, Amanda du-Pont is basies nou in ballingskap weens #Coronavirus?”

’n Ander een twiet: “Wêreld: Beperkte air travel te midde van die wêreldwye pandemie. Suid-Afrikaanse celebs: Ek beveel almal aan om dié lugredery te gebruik. Hulle het vir my champagne en designer toiletry bags gegee. Almal, vat ’n vlug. Vlieg enige plek.”

Verduidelik

Ek sien op Zalebs.co.za die ster het toe later verduidelik dat Suid-Afrika 62 Covid-19-gevalle sit wat meer is as die gevalle in Turkye.

Ai, wanneer gaan ons celebs leer?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters