3 dae gelede
Tweede season van gewilde webreeks kom later vanjaar
FAMILIE: Monique Rockman, Lee-Ann van Rooi en Enrico Hartzenberg werk hard aan die tweede season van die webreeks Van Adamse.  ~ Roelse Events

DIE skitterende rolverdeling van die aanlyn webreeksVan Adamse is hard besig met hulle tweede season.

Kykers het die gesoute aktrises Lee-Ann van Rooi en Mo­nique Rockman asook die akteur Enrico Hartzenberg leer liefkry in die eerste season, wat laas jaar uitgereik is.

In die tweede seisoen gaan nog briljante akteurs hulle aansluit by die rolverdeling.

Van die nuwe akteurs wat te sien gaan wees, is Keenan Arrison, Deidré Jantjies, Caleb Felix. Emily-Rose van Diemel, Bianca Lakay, Byron Keith, asook die skrywer van Prinses Pampoenpit, Bianca Flanders.

Enrico vertel daar gaan opwindende dinge in die tweede seisoen gebeur.

Vermoor

“Daar kom ’n karakter wat daarop uit is om die Van Adamse-familie te verwoes.

“Dít oor die twee Van Adamse-kinders haar man vermoor het.

“Die nuwe karakter is reg om die matriarg van die Van Adamses, Helen, te onttroon en self die septer te swaai.”

Hy verklap verder dat ons in die nuwe seisoen gaan sien presies hoe verwronge verhoudings tussen mense kan word.

Die tweede seisoen sal later in die jaar uitgereik word.

As jy nog nie die eerste season van dié webreeks gekyk het nie, kan jy sommer nou daarna gaan kyk op You­Tube.

Ek meen maar, dis nie asof jy êrens moet wees in die volgende 21 dae nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters