8 dae gelede
Turn back the hands of time
R. Kelly  ~ AP

DIE hele wêreld, insluitend ’n aantal celebs, is diep gewalg deur R. Kelly se liederlike seksdade met tienermeisies.

Die docuseries Surviving R. Kelly, waarin verskeie vroue vertel van hul seks-hel saam met die sanger, het groot opslae op sosiale media gemaak.

Baie mense is geruk ná die première van die three-part series waarin mans en vroue, insluitend R. Kelly se eksvrou Andrea Kelly, oor hul ervarings met die sanger gesels.

Celebs soos John Legend, Jada Pinkett-Smith, Oma­rion, Meek Mill, Chance The Rapper, Ne-Yo en JoJo het dit duidelik gemaak dat hulle gewalg is deur R. Kelly se vuil dade en dat hulle die slag­offers ondersteun.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters