4 dae gelede
Tune in vir TV-onderhoud met Rockets
onderhoud: Jerry Watt (links) gesels saam met Klop! se veldaanbieder Marlo Minnaar. SKERMGREEP VERSKAF  ~ 

THE Rockets gaan oppie kassie wees.

Fans van hierdie gewilde, Sama-benoemde popgroep kan eers­komende Sondag 19:30 hulle skoene uitskop en hulle voor die televisie gemaklik maak.

The Rockets verskyn dan in kykNET & kie (DStv-kanaal 145) se gewilde gesels­program Klop! (Kô Lat Ons Praat).

Heindrich Wyngaard, ’n ambassadeur vir Afrikaans, is die ankeraanbieder, maar Sondagaand gaan een van die veld­aanbieders, Marlo Minnaar, The Rockets interview.

Volgens Jerry Watt, die leier van die groep, gaan hulle in die naweek se episode hulle nuutste CD amptelik bekend stel.

Dié CD, Sonskyn, is baie spesiaal. Dis The Rockets se eerste album wat 100% Afrikaans is.

Hulle verklap dit bevat funky treffers wat fans se voete sommer gaan laat jeuk vir ’n lekke’ jol.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters