26 dae gelede
Troll sê Chrissy lyk soos iemand anders in video
VAT VAS: Chrissy Teigen vat nie stront van ’n troll nie.  ~ Getty Images

JULLE weet mos nou al teendié tyd John Legend se model-vrou, Chrissy Teigen, speel nie met ’n internet-troll nie.

As jy iets oor dié mammie van twee te sê het, gaan sy jou beslis op jou plek sit.

Die ster was moerig toe ’n gebruiker in die sosiale media ’n eiertjie gelê het oor haar gesig wat glo “heeltemal anders lyk”.

Sy het hierdie week haar skoonheidsroetine met haar fans in die sosiale media gedeel toe ’n gebruiker sê sy lyk sieklik.

Die troll comment op die video van Chrissy: “Oukei, hierdie is nie sy nie.

“Dit moet een of ander app wees wat haar gesig verander het.

“Ek moes vier keer kyk om seker te maak dit is sy. Óf sy het amper 23 kg verloor óf sy het kanker. Dit is net nie reg nie.”

Chrissy het die comment gesien en reply met: “Wat sou jy verkies?”

Die troll het toe die vermetelheid om te reply: “Jou beenstruktuur is prominent en herkenbaar. Dié shot ... dit lyk soos ’n totale ander mens. Hoe doen jy dit?

Ken

“Jammer vir my gebrek aan takt. Dit gaan nie oor jou skincare nie, maar jou beenstruktuur is heeltemal anders. Jy is onherkenbaar.”

Dis tóé dat Chrissy haar moer strip.

“Hoekom hou jy dik hiermee? Hoekom dink jy ek skuld jou enige iets ná wat jy gesê het? Jy weet jy ken my nie eens in regte lewe nie. Dank God daarvoor!”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters