12 dae gelede
Tristan sleep vrou hof toe
Tristan Thompson  ~ Getty Images

TRISTAN Thompson gaan die vrou hof toe sleep wat beweer dat hy die derra van haar seuntjie is.

Laas week is daar screen­shots van dié mammie, Kimberly Alexander, se boodskappe en e-posse tussen haar en die basketball-speler op ’n gossip site gepost.

Volgens dié boodskappe het Langeraat in Januarie ’n toets laat doen om vas te stel of hy haar baby daddy is.

Marty Singer, die prokureur wat die baby daddy van Khloé Kardashian verteenwoordig, sê hy het steeds die vaderskapstoets gedoen al was hy seker dat hy nie Kimberly se baby daddy is nie.

Volgens die lawyer het die uitslae van die vaderskapstoets gewys dat Langeraat nie die pa van Kimberly se bloedjie is nie en nou is hulle gereed om die mammie hof toe te sleep as sy nie zip gaan kap nie.

In ’n prokureursbrief word Kimberly gedreig dat sy in die hofbank sal moet staan as sy nie onmiddellik ophou om Tristan en Khloé se naam te beswadder nie. Ek sien op E! Kimberly maak glo stories op oor baba True se ouers – Tristan en Khloé.

Kimberly skel glo gereeld openlik dat Langeraat ’n dead­beat derra is en dat hy geen finansiële verantwoordelikhede vir “sy laitie” aanvaar nie.

Aandag

E! berig ook dat die prokureur ’n saak teen Kimberly aanhangig gemaak het.

Luidens hofdokumente is die beskuldigde ’n “wannabe social media influencer en pornografiese model” wat so desperaat is vir aandag dat sy onlangs ’n storie opgemaak het dat die NBA-ster die derra is van haar laitie wat in dié stadium amper vyf jaar oud is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters