3 maande gelede
Tristan gee True se bday bash ’n mis
familie: Tristan Thompson gaan glo nie vandag by sy en Khloé se dogtertjie, True, se eerste verjaardag wees nie. foto verskaf  ~ 

KHLOÉ Kardashian se joller- eks-berk gaan nie by hul dogter se eerste verjaardag wees nie.

Ek lees op radaronline.com, dat dié basketball-speler glo te bang is om Koko se beskermende familie te face nadat hy met Kylie se bestie, Jordyn Woods, gevry het.

Soveel so dat hy sy kleine True maande laas gesien het. Dié Cleveland Cavaliers-speler het ook nie eens ’n verskoning om nie by sy dogtertjie se verjaardag te wees nie, want die besige basketball-seisoen is verby.

’n Ingeligte verklap: “Tristan wil nie ’n voet naby Khloé se familie sit nie, want hy weet hoe hulle almal hom verag.

“Hy wil nie daar wees vir die paartie nie, want hy wil nie weer van voor af uitgetrap word nie.

“Hy gaan doen wat hy altyd doen, hy gaan probeer opmaak deur vir True ’n peperduur geskenk te koop.”

True is vandag een jaar oud. En soos ons die Kardashians ken, gaan dit weer ’n helse affêre wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters