9 dae gelede
Trevor hou niks van saambly
SOEK SPACE: Trevor Noah sê hy wil nie sy blyplek met iemand anders deel nie.  ~ Getty Images

ÔS GOUE seun likes niks van ’n saamblyery nie.

Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah (35) het ’n, uhm, interessante siening oor die huwelik.

Hy het Maandag in ’n onderhoud op die Howard Stern Show gepraat oor sy persoonlike lewe en of hy eendag self voor die kansel sal staan.

Ou Trev pak uit: “Ek is nie gekant teen die huwelik nie.”

Howard het ôs goue seun gevra wanneer hy die brieke gaan aandraai met sy aanhoudende werkery.

“Ek het geleer om lief te raak vir my werk. Ek kan net weet waar ek tans in my lewe is en dit is wat ek geniet.”

Opbreek

Trevor sê hy sal nie sy blyplek met iemand deel nie, nie eens met sy vrou nie.

Toe Stern sê hy is ’n voorstander van saambly voor die huwelik, was Trevor se antwoord: “Ek is ’n groot voorstander van partners wat nie saambly nie, nie eens al is hulle getroud nie.

“Ek dink een van die grootste redes waarom mense skei en opbreek, is oor hierdie saambly-stront. Ons is al so gewoond dis hoe verhoudings veronderstel is om te wees.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters