Verlede maand
Trevor gedreig
ONDERHOUD: Trevor Noah het doodsdreigemente gekry nadat ’n verkeerde berig gepubliseer is.  ~ Getty Images

JULLE, daar is ’n paar mense wat ons goue seun van die gras af wil maak!

En dit alles oor daar ’n vals berig geplaas is nadat die Suid-Afrikaanse komediant ’n onderhoud met ’n Amerikaanse miljardêr gedoen het.

’n Plaaslike publikasie het verkeerdelik berig dat die skatryk Bill Gates vaccines vir Covid-19 hier in Mzansi wou kom toets. Ná die berig het mense sommer sover gegaan deur te sê Bill het planne om Afrikane dood te maak en Trevor is ’n sell-out.

Maar volgens die goue seun is dit glad nie waaroor die onderhoud gegaan het nie. Hy het net met Bill gepraat oor hoe hy gaan help om die pandemie hier in Afrika te beveg.

Toe die publikasie ’n twiet plaas waarin hy bieg dat die feite in betrokke berig nie akkuraat is nie, het Trevor dit retweet en gesê hy verstaan nou waarom hy met die dood gedreig is.

In nog ’n twiet sê die host van The Daily Show: “Waar in die onderhoud hoor jy enige iets van ons wat sê ’n vaccine word in Afrika getoets? Jy verwar ons met Franse dokters wat dit voorgestel het.”

Grap

Die mense op Twitter was glad nie impressed met Trevor nie.

Hulle glo steeds hy is kop in een mus met die skatryk Bill.

Een twiet laat hoor: “Doodsdreigemente? Ek hoop jy maak ’n grap.

“Ek hoop jy is ook daarvan bewus dat Suid-Afrikaners nie enigste mense is wat lig loop vir Bill Gates nie. Die hele wêreld is senuagtig oor hom.”

Nog een twiet: “Liewe Trevor Noah, jy is mos ’n Afrikaan en jy is reeds in Amerika, so hulle kan die vaccine eerste op jou uittoets.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters