2 maande gelede
Trev koop to-die-for mansion in Bel Air
sjoe: Só lyk die blyplek wat die komediant vermoedelik gekoop het. Foto: twitter  ~ 

ONS goue seun is nou die trotse eienaar van ’n multimiljoenrand mansion!

Ek lees op The Juice Trevor Noah (34) het die penthouse wat hy in 2017 in Manhattan, New York, vir R130 miljoen vir sy verjaardag gekoop het, vir ’n mansion verruil.

TMZ berig die aanbieder van The Daily Show het $20 miljoen (net onder R280 miljoen) gehoes vir die paleis van ’n huis. Dis geleë teen ’n heuwel in die westelike deel van Bel Air, met ’n amazing uitsig oor Los Angeles.

Die mansion het ’n paar slaap- en badkamers en glo ook ’n VIP suite, home theatre, infinity pool en soutwater-akwarium.

Toe die nuus breek, het Twitter omtrent hande geklap vir ons goue seun.

Een gebruiker het getwiet: “Trevor Noah het sukses herdefinieer. Hoe kan een persoon so suksesvol wees?”

rykgat: Trevor Noah het glo ’n superluukse man­sion gekoop.Foto: getty images

’n Ander een laat skryf: “Trevor Noah is so ’n groot inspirasie. Ja, nè, kind van Afrika, jou drome is valid.”

Die komediant het nie iets gesê oor die kopie nie, maar sy tjommie Sizwe Dhlomo het onlangs ’n foto gepost met ’n uitsig wat lyk soos dié van Trev se huis. Die voorbarige Sizwe het bygeskryf: “Dis net ’n random foto hierdie, LOL.”

Die foto is sedertien van die sosiale media af gedelete.

Shine, Trev, shine!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters