2 maande gelede
Trend tref Mimi ook
knap: Mariah Carey lyk supersexy in dié klein swart bikini.Skermgrepe:instagram  ~ 

DIE somer in Amerika is nie verby voordat Mimi sê dis verby nie.

Dis al amper herfs in Amerika en al die celebs het al foto’s in hul kleine bikini’s gepost.

Almal behalwe Mariah Carey (49)... tot dié naweek.

Die “Always Be My Baby”-sangeres het toe uiteindelik sexy bikini-kiekies van haar op Instagram gelaai.

Goed

By die foto van haar in ’n klein swart bikini skryf sy: “Ons migreer van somer na herfs.”

By ’n ander foto skryf sy: “Ek hou nog vas aan die somer.”

Mimi se fans meen die ster lyk so goed dat die foto net sowel uit 1991 kon wees.

Hulle meen die mammie van twee age soos goeie wyn.

En ons kan nie stry nie. Mimi lyk dêm goed!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters