10 dae gelede
Travis trek stops uit vir 22ste b-day
romanties: Travis Scott het sy baby momma, Kylie Jenner, met roosblare op die vloer verras. Foto: online.com  ~ 

KYLIE Jenner se huis en vloer was Dinsdagaand toe onder die roosblare soos haar baby daddy haar voete onder haar probeer uitslaan het.

Die make-up moghul verjaar eers oor ’n paar dae, maar haar berk, die rapper Travis Scott, was sommer voorbarig en het haar voor haar 22ste verjaardag verras.

Kylie het op Instagram ’n video gelaai waarin sy oor die verrassing gebrag het. In die video is ’n kaartjie van haar rapper berk wat sê dat die vloer vol roosblare net die begin van haar birthday celebrations is.

En nou wens die girls hulle het elkeen hul eie Travis Scott gehad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters