11 dae gelede
Top drie in die Big Apple
Nou oorsee: Sneziey Msomi, Luyolo Yiba en Micayla Oelofse is tans in New York.  ~ mzansimagic.com

TERWYL jy nog besluit vir wie om dié week te vote om deur te gaan na die toptwee, gaan die topdrie-finaliste van Idols SA 2019 lekker in New York baljaar.

Micayla Oelofse, Luyolo Yiba en Sneziey Msomi lewe nou hulle beste lewe in die Big Apple.

Jy moet tog nie dink dat die topdrie daar in New York gaan kerjakker nie. Hulle moet hulle voorberei vir Sondag se optredes en sorg dat hulle jou votes inryg.

Sondag, nadat die topvier hulle duets gelewer het, moes ons ongelukkig koebaai sê vir Nolo Seodisha, wat toe uitgestem is.

Die kykers moet nou besluit wie in die toptwee gaan wees. So, wanneer die drie terugkom, gaan daar slegte nuus vir een van hulle wees.

Idols SA word Sondag 17:00 op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161) uitgesaai.

Wie dink julle gaan wen?

Micayla (van die Baai) met haar funky perfomances en sterk stem? Luyolo (van King William’s Town) met die sielvolle stem of die versatile Sneziey (van Umlazi in Durban)?

Laat weet ons op sosialemedia-platforms wie jou guns­teling is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters