2 maande gelede
Top-10 aangekondig in presenter-soektog
reg vir TV: So lyk jou toptien vir die Presenter Search on 3.foto verskaf  ~ 

WOENSDAGAAND is die toptien vir die Presenter Search on 3 aangekondig.

Kaapstad het die fire gebring en ons Kaapse, Sama-benoemde sanger Jarrad Ricketts (32) is een van talentvolles wat dit deurgemaak het tot die volgende ronde.

Hy was in paradise toe sy familie die blye nuus aan hom bring. Hy sê dit was nog altyd ’n groot droom van hom om ’n TV-aanbieder te wees.

Hier is die res van die toptien:

  • Deen Woodman (29), ’n marketing strategist van Mitchells Plain.
  • Simphiwe Mkhize (24), ’n onderwyser van KwaMa­shu in Durban.
  • Nathanael Davids (29), ’n komediant van Roodepoort in Gauteng.
  • Jamie-Lee Domburg (26), ’n body positivist en model van Steenberg in Kaapstad.
  • Thato Moshoeshoe (20) ’n onderwysstudent van Matatiele in die Oos-Kaap.
  • Olwethu Nodada (34), Mev. SA-finalis oorspronklik van Port Elizabeth, maar woon tans in Somerset-Wes in die Wes-Kaap.
  • Mncedisi Sindane (22), ’n corporate stylist van Middelburg, Mpumalanga.
  • Thandi Mhlongo (32), ’n radio-aanbieder van Pinetown in KwaZulu-Natal.
  • Die tweeling Pretty en Precious Zondo (27) van Durban.

Dan is daar vier hoopvolles van wie net een dit kan maak vir die viewers’ choice.

Hierdie vier is Zenande Makina, Danny Guselli, Kuhle Adams en Reshen Pillay. Jy kan vir jou gunsteling op Twitter stem om aan te bly in die kompetisie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters