6 dae gelede
Toni reg om haar SA fans te kom wow
GROOT STER: Die sexy Toni Braxton sal haar SA fans binnekort kom vermaak.  ~ Foto Verskaf

TONI Braxton se fans kan hulle maar gereed maak vir haar toer As Long As I Live.

Sy sal op 12 November in die Grand Arena van die GrandWest Casino optree om haar 25ste anniversary in die musiekbedryf te vier.

Elouise Matthys, GrandWest se skakelbeampte, belowe dié show gaan die grootste nog van die jaar wees.

Matthys sê: “Ons is verheug om die queen van R&B, Toni Braxton, by die GrandWest te host.”

Volgens Matthys sê Toni sy is nog baie lief vir musiek en die moontlikhede wat dit haar bied.

In Toni se eie woorde: “Daar was oomblikke dat ek verslaan gevoel het. Ek het gevoel ek het my laat gaan.

Kaartjies

“Al faal ek ook, gee musiek my steeds genoeg krag om iets anders te probeer doen.”

Toni belowe om songs te sing soos “Love Shoulda Brought You Home”, “Another Sad Love Song”, “Breathe Again”, “Seven Whole Days”, “Unbreak My Heart” en “He Wasn’t Man Enough”.

Kaartjies is beskikbaar by ticketpros.co.za vanaf R650 elk.

Die word 18:00 oopgemaak en die show begin 19:00.

Geen kinders onder 12 jaar word toegelaat nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters