6 dae gelede
Toertyd vir Christadelphians
feesTYD: Die Christadelphians se Kersfeestoer is iets om na uit te sien.FOTO VERSKAF  ~ 

VANJAAR is die 49ste Kersfeestoer van die gewilde gospelgroep Christadelphians van Uitenhage.

Hulle het pas hulle nuutste DVD-opnames in Pretoria, Edenpark en Kimberley opgeneem en dit beloof om ’n groot seën te wees vir al die getroue ondersteuners deur al die jare.

Die groep sien baie uit na hulle 50ste celebration-konsert volgende jaar in April – ’n geleentheid waaroor baie gospel-liefhebbers opgewonde is.

Die Kersfeestoer lyk soos volg: 1 Desember – Groenberg Sekondêre Skool in Grabouw, 2 Desember – Scottsville VGK-kerk in Kraaifontein, 8 Desember – Oudtshoorn, 9 Desember – Port Alfred, 16 Desember – Humansdorp, 22 Desember – Clarkson, 25 Desember – Uitenhage. Met die laaste konsert lok die groep elke jaar plaaslike en internasionale toeriste na die Oos-Kaap.

Die Uitenhage-konsert sal in die H.T. Gamble-saal (Roselane Congregational-kerk) plaasvind. By dié vertoning sal die Royal Sounds-orkes sorg vir jazzy Kersfees vibes.

Vir meer inligting, kontak Danny Jacobs by 084 246 1281.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters