2 maande gelede
Tlale se nuutste reeks ’n regte showstopper
stop traffic: David Tlale en sy 15 modelle het die koppe laat draai toe hulle die strate van New York invaar. foto’S verskaf  ~ 

DAVID Tlale vat nie net die loopplank oor by die New York Fashion Week nie, maar sommer die strate ook!

Die flambojante Suid-Afrikaanse ontwerper het die traffic gestop toe hy sy nuutste collection, die Azania Lente-Somer-reeks, in die strate van die Big Apple onthul het.

Met David se nuwe reeks het hy 15 modelle gedrapeer in sy skeppings met die fun, nuwe materiale en kleurryke glamour waarvoor hy bekend is.

Die bekroonde ontwerper sê in ’n verklaring: “Ek het dit nog altyd geniet om die unexpected te wys en ek kon nie aan ’n beter plek as die strate van New York dink om my collection uit te stal nie. My reeks is hoeka deur die stad se hustle en bustle geïnspireer.”

Die mode-ghoeroe sê dié ervaring is vir hom een van die bestes ooit.

“Dit is wonderlik om terug by die New York Fashion Week te wees. Ek is so bly ek het ’n street style show gedoen en nie die runway nie.

“Mense het gewonder wat aangaan en ek het dit ge­love.

“Dit beteken die wêreld vir my as mense na my toe kom en vir my sê hulle was mal oor die street show.”

Ek het niks minder van die glitzy ghoeroe verwag nie!

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters