16 dae gelede
Tiffany se trauma
MAAK OOP: Tiffany Haddish gesels oor haar ervaring met polisiebeamptes in Amerika.  ~ Getty Images

DIE komediant en aktrise Tiffany Haddish het dié week oopgemaak oor haar ervaring met die polisie in die verlede.

Dit kom noudat daar tans grootskaalse bewusmaking oor polisiebrutaliteit in Amerika gedoen word ná die skokkende dood van George Floyd en daarna Rayshard Brooks deur cops.

Ek lees op TMZ Tiffany het op Vivica A Fox se podcast aan haar vertel hoe ’n polisieman haar verkrag het toe sy 17 was en dat daai voorval haar vir baie lank gejaag het. Soveel so dat sy mans in die wetstoepassingsbedryf gedate het met die hoop dat sy haar wraak sal kry.

Die aktrise van Girls Trip maak oop: “Ek het met ’n polisieman uitgegaan, ’n regter, ’n prokureur.

Kruistog

“Ek het die verskillende ouens gedate en gedink dat hulle my kan help in my kruistog om geregtigheid te kry vir my familie en vir myself, maar hulle het nee gesê.”

Die 40-jarige aktrise sê niemand het haar gehelp om die justice te kry wat sy wou hê nie.

Sy het eerder gevoel dat sy ’n bietjie van haarself verloor het.

“Ek moes leer dat wraak nie regtig nodig is nie.

“Die ware wraak lê in jou sukses.”

Sy het verder verduidelik dat die traumatiese voorval haar siening van seks en verhoudings heeltemal bederf het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters