5 maande gelede
Tienerfliek sal mens laat nadink

DIE nuwe tienerfliek Status Update draai een van die dae in Suid-Afrikaanse bioskope.

Status Update het die ware resep van ’n gewone tienerfliek, maar die stereotipes word aangevul met komedie, fantasie en ’n les oor morele waardes.

Verder is dit ook ’n stuk opinie oor die huidige situasie op sosiale media.

Onder ander die talentvolle Ross Lynch en Olivia Holt speel daarin.

Dié fliek is amper iets soos 17 Again of Big en beslis iets wat almal sal geniet.

status update
Wen saam Son en Kuier

Ontwrig

Ross Lynch, die voormalige Disney Channel-ster wat ook welbekend is as Austin Moon in die produksie Austin and Ally, speel die rol van Kyle in Status Update.

Hy speel die rol van ’n tiener in Kalifornië wie se lewe ontwrig word wanneer sy ouers skei en sy ma met hom en sy jonger sussie Connecticut toe trek.

Daarna verander dinge drasties wanneer Kyle ontdek dat hy baie gou met ’n enkele sin presies kan kry net wat hy wil hê.

Maar gewoonlik is baie dinge­ wat so werk, net te goed om waar te wees, en dís presies wat Kyle dan agterkom.

ontmoet kyle: Ross Lynch is in Status Update.Foto: tvline.com

Drome

Kyle word dan die slagoffer van sy eie begeerte om aanvaar te word en gewild te wees.

Starburst Promotions sê die tienerprent wys ’n mens hoe die lewe sou wees as ál jou drome kon waar word elke keer wanneer jy jou status aanlyn verander.

So, ja, dis inderdaad net te goed om waar te wees.

Dié nuwe, betowerende, moderne feëverhaal begin Vrydag by 33 Suid-Afrikaanse bioskope draai.

Lesers kan kaartjies wen om Status Update hierdie Saterdag by Nu Metro in Canal Walk te kyk. Wenners moet tussen 13:30 en 14:30 by die cinema wees om hul kaartjies, wat popcorn en koeldrank insluit, te kry.

As wenners nie beskikbaar is nie, verbeur hulle die prys en word 'n volgende wenner gekies.

Om te wen gaan na Son se Facebook-blad en inbox ons die naam van die hoofakteur in die fliek.

LET WEL: GEEN PERSONE ONDER 13

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters