8 dae gelede
T.I. gee TMI oor sy tienerdogter
Word bekyk: Deyjah Harris se derra, T.I., gaan saam na haar doktersafprake om te kyk of sy nog ’n maagd is.  ~ Foto Verskaf

’N MENS sê nie vir ander mense hoe om hulle se klôgoed groot te maak nie, maar T.I. (39) makeer ’n helse klap!

Die rapper het luid oor die radio verklaar dat hy saam met sy tienerdogter Deyjah Harris (18) na haar jaarlikse doktersafsprake gaan – om seker te maak dat sy nog ’n maagd is.

Asof dít nie erg genoeg is nie, het dié mal derra uitgeblaker dat tot en met Deyjah se 18de verjaardag haar maagdevlies nog ongeskonde was.

Ek lees op E! T.I. was ook min gespin toe die dokters aan hom verduidelik het dat ’n mens seks kan hê sonder om ’n vrou se maagdevlies te breek.

Die arme meisiekind het nog nie ’n woord oor die saak gerep nie.

Maar daar is wel ’n paar vroue-celebs wat hulle mond uitgespoel het.

Chrissy Teigen twiet: “Ek het beslis nie gedink ons sal vandag oor maagdevliese of T.I. praat nie.”

Sy vyand Iggy Azalea het presies gesê hoe sy oor die saak voel.

“Hy is ongelukkig doodernstig. Ek wens regtig die vroue wat hom ge-interview het, het hom goed op sy plek gesit.

“Hy het ernstige control issues met vroue in alle aspekte van sy lewe en hy makeer terapie.”

TMI, T.I! Jy behoort jou te skaam!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters