2 maande gelede
The Voice SA deelnemeer vat oor by Whisky & Gin Live vieringe
whisky & gin live, keanu harker
Keanu Harker van Belhar by vanjaar se Whisky & Gin Live.  ~ Peter Abrahams

Keanu Harker van Belhar is onder die jong talent wat vanjaar by die Whisky & Gin Live Celebration in Kaapstad optree.

Harker is tans ook ‘n deelnemer aan The Voice SA, en lid van TeamLira, wat nog in hul sang battle moet deelneem.

Die 22-jarige sê: “Dis ’n wonderlike voorreg om vir die Kaapse whiskyproeërs te vermaak.

Die verfrissende Whisky & Gin Live Celebration word by die V&A Waterfront gehou en hierdie jaar word ‘n stel nuwe Gin’s bekendgestel. Dit is om by te voeg tot die gevestigde whisky-aanbiedinge.

Ken Varejes, uitvoerede hoof van Whiskey Live, verduidelik: “Een van die vele hoogtepunte by vanjaar se Kaapstadse viering is die bekendstelling van White Walker deur Johnnie Walker, spesiaal gemaak vir Games of Thrones fans!

“Die Celebration het ook ‘n splinternuwe voorkoms en uitleg met areas wat aan vermaaklikheid, kos, gin en whisky-proe en meer toegewy is.”

Zumi Njongwe, bemarking- en innovasie-direkteur van Diageo Suid-Afrika, voeg by: “Ons is opgewonde om die beperkte uitgawe White Walker in samewerking met die TV-reeks Game of Thrones te begin.

“Die vennootskap met HBO en Game of Thrones is ’n innoverende skuif wat kulturele relevansie en ’n unieke manier in hoe Suid-Afrikaners whisky gebruik.”

Ander uitstallers sluit in Hyde Irish Whiskeys; Black Tomato Gin; Cannabis Sativa Gin; ZAR Whiskey; Glen Scotia; Loch Lomond; Haig; Dewar; Aultmore; Cape Town Rooibos Red Gin; Cape Town the Pink Lady; S.I.N High Tea Cucumber, Tropical Pink Grapefruit, Summer Orange and Mediterranean Dry Lemon Gins; The Gin Factory;  Jura; Glenbrynth; The Dalmore; The Glenlivet; Aberlour; Irish Pot Sills; Glendronach; Ardberg; Glenmorangie; Kirsty’s Gin; IAM Khanyi Gin en meer.

Whisky Live ondersteun verantwoordelike drinkery.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters