4 dae gelede
Thando is dors
moerig: Thando Thabethe verstaan nie die alkohol-verbod nie. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

THANDO Thabethe is glad nie happy oor die beperkings op alkohol in dié krisistyd nie.

Die radio-aanbieder en aktrise was lekker moerig oor sy die naweek in die huis moet wees – en dít sonder genoeg voggies weens die corona-pandemie.

Ons weet mos ons prez het ’n nasionale ramptoestand in ons land uitgeroep. En dit beteken daar is nou alkohol-beperkings.

Bheki Cele, die minister van polisie, het gesê daar gaan limiete op alkohol-verkope wees.

Twiet

Taverns, smokkelhuise, kroeë en ander plekke wat drank verkoop, moet hulle deure mooitjies 18:00 sluit. Selfs restaurante wat alkohol verkoop, kan ná 18:00 nie meer voggies aan hulle klante bedien nie.

Die TV-persoonlikheid het ’n twiet van eNCA hertwiet waarin hulle die nuus bekend maak.

Sy laat hoor: “Wat het alkohol met corona uit te waai?”

Jinne, Thando, ons voel dit saam met jou, sussie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters