15 dae gelede
Teyana verkies bevalling tuis
SWANGER: Teyana Taylor en Iman Shumpert gaan Erykah Badu as vroedvrou hê vir hul tweede kleintjie.  ~ Getty Images

NEE, Teyana Taylor (29) gaan nie hospitaal toe jaag vir haar tweede bloedjie se geboorte nie.

Die sangeres het dié week in ’n onderhoud met Nick Cannon vertel sy gaan sommer by die huis kraam.

Bystaan

Sy gaan op die soul-sangeres en gekwalifiseerde vroedvrou Erykah Badu (49) se nommer druk.

Teyana sê ook haar man, Iman Shumpert (29), sal haar bystaan.

Teyana het aan Nick gesê: “Ek gaan seker maak dit gebeur nie op die badkamervloer nie.”

Dis met verwysing na haar eersteling, Iman Tayla Shumpert Jr. (4), se geboorte. Teyana het drie weke voor die due date die lewe geskenk aan haar dogtertjie.

’n Vers van Teyana se song “Lowkey” is wat sy wil hê Erykah moet vir haar sing om haar te kalmeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters