19 dae gelede
Terug met ’n ‘bang’
komediant: Wayne Mckay hou ’n show in die Westridge Civic Centre in Mitchells Plain.  ~ 

WAYNE Mckay keer met ’n big bang terug na die Westridge Civic Centre in Mitchells Plain vir ’n aand van komedie en musiek.

Dié keer bring hy hope talent saam om die aand meer opwindend te maak.

Die Wayne Mckay and Friends Music and Comedy Show vind Vrydag 18 Oktober in die Westridge Civic Centre plaas.

Van die talent wat gaan optree, is die Sama-benoemde Jarrad Ricketts, die queen van old school Vuvu Khumalo, saxofoonspeler August West, komediante Lunga Tshuka en Rezah Forbes, en Keanu Harker.

Wayne is die MC vir die aand en hy gaan julle op die pad sit van skreeusnaakse komedie.

’n Gedeelte van die kaartjieverkope gaan geskenk word aan Hannah’s Place of Safety in Mitchells Plain. Hierdie safe house bied foster care aan kinders wat van hulle huise af weggeneem is weens geweld en mishandeling.

Deure maak 19:00 oop en die show begin 20:00.

Kaartjies kos R120 en is beskikbaar by alle Shoprite-takke en Computicket.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters