9 dae gelede
Taraji op knieë vir haar ring
verlig: Taraji P. Henson het haar ring by die Global Globes verloor – en toe weer gekry. Foto: getty images  ~ 

WATWOU diamante! Terry Crews is Taraji P. Henson se beste vriend.

Die ster se hart wou gaan staan toe sy Sondag op die Global Globe-toekennings ’n peperduur diamantring verloor. Sy was daar saam met haar co-stars van die fliek Ralph Breaks the Internet.

Die aktrise het die ring verloor toe sy vir die fans gewaai het. Sy’t kwaai gepanic toe sy besef sy het die ring in die mengelmoes van mense verloor.

Sy was so uitgefreak, sy het alles twee keer begin gil: “O hel, o hel! Moenie beweeg nie, moenie beweeg nie! My ring, my ring!”

Taraji het toe in haar low-cut aandrok op die vloer van die Beverly Hilton se International Ballroom vir die ring gemol.

Gelukkig het die spiertier-akteur Terry ingespring om te help. Hy was gou hande viervoet langs Taraji op soek na die ring.

Die tweetjies is nogal ’n mean team, want hulle het die ring opgespoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters