2 maande gelede
Sy smoor storie in Kim
Kim Kardashian sê sy en Drake het nog nooit iets aangehad nie. Foto: gallo images  ~ 

KIM Kardashian hou van kiekies, maar sy is nie Drake se Kiki nie.

Daar is mos hierdie mal teorie in die sosiale media dat sý die meisie is van wie Drake praat in sy hit “In My Feelings”.

Maar Kimmy is nie hier vir daai nie.

In die song vra Drake: “Kiki, do you love me?” Almal weet Kanye West laik Drake nie. Nou is die teorie dat die “Nice for What”-rapper dalk ’n geskiedenis met sy vrou het.

Twitter-gebruikers sê ook dis die rede waarom Kanye so bankvas agter die rapper Pusha T gestaan het toe hy ’n diss track vir Drake gemaak het waarin hy al Drake se vuil wasgoed uithang.

The Shade Room het ’n video op Instagram gelaai waarin mense bespiegel dat Drake al baie lank skim gooi dat hy en Kimmy die matras-mambo gedoen het.

En nes die res van die wêreld het Kim ook die video gekyk.

Kanye West se vrou het dit sommer duidelik gemaak dat sy nie dáái Kiki is nie.

Sy het ge-comment: “Dit het nooit gebeur nie. Einde van die storie.”

Maar as jy ’n getroue (lees: dom) fan van Keeping up with the Kardashians is, sal jy weet dat Kimmy se familie haar Kiki noem. Dit kan mos darem net nie een moerse toeval wees nie – of hoe?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters