4 maande gelede
Sussex kap zip oor pienkvoet
NUWE Ouers: Meghan Markle en prins Harry wil hulle baba se geboorte privaat hou. Foto: getty images  ~ 

DAAR gaan vir ons nuuskierige agies bitter min te sien wees wanneer dit kom by die geboorte van die volgende Britse royal baba.

Die hertog en die hertogin van Sussex, prins Harry en Meghan Markle, het dit duidelik gemaak hulle gaan die geboorte van hulle eersteling privaat hou.

Buckingham-paleis het in ’n verklaring gesê anders as die geboorte van prins William en sy vrou, Kate, se drie telgies (George, Charlotte en Louis), gaan Meghan (37) en Harry (34) nie hulle kleintjie so kort ná geboorte reeds aan die wêreld wys nie.

Opwindende

“Die hertog en hertogin van Sussex is baie dankbaar vir die welwillendheid wat hulle van oral in die Verenigde Koninkryk en van oor die wêreld heen ontvang terwyl hulle voorberei om hulle kind in die wêreld te verwelkom.

“Hulle het besluit om die planne rondom die aankoms van die baba privaat te hou.

“Die hertog en die hertogin sien uit daarna om die opwindende nuus met almal te deel sodra hulle kans gehad het om die blye nuus privaat as ’n nuwe gesin te vier.”

So, ons weet steeds nie wat die royal bloedjie se geslag is nie, ons gaan nie weet op watter dag die kindjie gebore is nie en nog minder gaan ons onmiddellik die kindjie se gesig kan sien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters