11 dae gelede
Sun Met kry meer glamour in 2020
Ambassadeur: Bonang Matheba is die gesig van die Sun Met 2020.Foto’s:PeterAbrahams  ~ 

DIE Sun Met 2020 gaan pure African luxury wees.

Dis wat die organiseerders van die jaarlikse posh perdewedren Woensdagaand op die amptelike launch by die indrukwekkende museum Zeitz Mocaa in die V&A Water­front gesê het.

Die perdewedren, wat racing-geesdriftiges en fashionistas saambring, vind op 1 Februarie op die Kenilworth-resiesbaan plaas.

En met Bonang Matheba, Mzansi se mees glamourous girl, as die gesig van die Sun Met 2020 en haar champers, House of BNG, as die official celebratory drink gaan dit beslis ’n glitzy affêre wees.

Ons eie Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, is saam met Queen B die gesig van die Sun Met 2020.

Die burgemeester van Kaapstad, Dan Plato, was op die aand ook daar.

Plato het laat hoor: “Kaapstad is die wêreld se vooraanstaande fees- en geleentheidsbestemming en is die perfekte loca­tion vir die Sun Met.

“Ons was al gasheer vir baie suksesvolle groot geleenthede en ons is vol selfvertroue dat volgende jaar se Sun Met ook ’n spesiale en onvergeetlike geleentheid sal wees.”

Maar julle brand seker om te weet wat volgende jaar se tema gaan wees, nè?

Superster

Dis “African Luxury”. So, ons opsies vir uitrustings is oop – sorg net dat dit glamourous en African is.

Die entertainment line­-up is ook gevul met van Mzansi se grootste sterre.

Die global superster DJ Black Coffee, Themba Nkosi, Da Capo en die bekroonde Holly Rey gaan optree.

Die radiostasie Heart FM se DJ’s Tyrone Paulsen, Codax en Vernon Carver gaan deur die dag, asook by die after-paartie op die decks wees.

Kaartjies vir die Sun Met kos tussen R200 en R5 169 en is beskikbaar by Ticketpro.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters