7 dae gelede
Stylist sê Miley bring mullet terug
NUWE HAARSTYL: Miley Cyrus begin altyd nuwe trends.  ~ cosmopolitan.com

DIE legendariese hairstylist Sally Hershberger sê die sangeres Miley Cyrus is gemaak vir ’n mullet.

“Miley se mullet was onvermydelik – ons het albei so gevoel.”

Hershberger het aan Page Six Style gesê dis die mode.

“Miley het dit haar eie gemaak. Sy sal nooit doen wat ander mense doen nie. Sy is die een wat die trend begin.”

Kunstenaar

Die 27-jarige sangeres van “Slide Away” het laas jaar ’n hele paar haarstyle gehad. Eers het sy ’n kuif gehad soos haar Hanna Montana-karakter en toe sny Hershberger haar hare heelwat korter.

Haar nuwe look beteken dalk dat haar nuwe musiek ’n rock vibe gaan hê. Sy het foto’s van haar haarstyl gepost met die caption: “Nuwe hare. Nuwe jaar. NUWE MUSIEK.”

Hershberger sê Miley is ’n free spirit en ’n ware kunstenaar. Page Six

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters