4 dae gelede
Storie van Ash se lewe na verhoog
gaan groot: Ashley Wenn tree op Sondag 16 Desember in die Jamrock Theatre op.FOTO VERSKAF  ~ 

VOLGENDE naweek vertel Ashley Wenn deur musiek wat hy oor die jare geskryf het, vir mense sy storie.

Die liedere handel oor gebeure in sy lewe, self­respek en verhoudings. Ashley sê: “Soos nog nooit vantevore nie is daar ’n behoefte aan liefde in hoe ons mekaar be­handel.”

Die The Diary of Mr Wenn-konsert is nie ál waarna fans kan uitsien nie – Ashley se nuwe album word volgende jaar uitgereik. Dis vir die sanger ’n jare lange droom wat waar word.

Optree

Ashley glo alles is moontlik as jy in jouself glo, geloof in jou hart het, toegewyd is en hard werk.

Die konsert vind plaas op Sondag 16 Desember in die Jamrock Theatre in Brackenfell. Dit begin 19:00. Ruaan Lewis, Derrick Schippers, David Layman, Danielle Ford, Daniel Titus, Shernell Meyer en New Birth tree ook op. Recardo Philander is die musiekdirekteur.

Kaartjies kos R200 elk en is te koop by Webtickets en Pick n Pay Money Market. Vir nog info, bel Ashley by 072 878 8981.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters