13 dae gelede
Stom voor Queen B
RAAK SKU: Chrissy Teigen kon nie ’n woord uitkry toe die beeldskone Beyoncé voor haar staan nie.  ~ Getty Images

EK IS Chrissy Teigen en Chrissy Teigen is ek.

Dié vrou van John Legend is so ’n groot fan van Beyoncé dat sy met ’n mond vol tande gestaan het toe sy van aangesig tot aangesig met Queen B kennis gemaak het.

Die Legends is van die gelukkige celebs wat na die Carters se eksklusiewe Oscaraand-afterpaartie genooi is.

Van die ander sterre wat na die Carters se paartie genooi is, is Natalie Portman, Reese Witherspoon, Kim Kardashian, Kanye West, Kylie Jenner, Travis Scott, Khloé Kardashian, Kourtney Kardashian, Sean “Diddy” Combs, Lauren Sanchez, Jessica Alba, Cash Warren, French Montana, Anthony Anderson, Lin-Manuel Miranda, America Ferrera, Kris Jenner en haar jong lat Corey Gamble.

Gestaar

Chrissy het in die sosiale media vir Beyoncé askies gevra oor sy so awkward by die paartie was.

Sy’t sommer vir ons gewys dat sy ’n outfit change gehad het vir die Carters se posh paartie. Sy het haar sexy ligblou-rok met die diep slit wat sy by die Vanity Fair-paartie aangehad het, verruil vir ’n wit layered tulle-en-mesh-rok.

“Ek het klere gechange vir die aand.

“Beyoncé, as daar enige manier is dat jy hierdie lees, asseblief weet net ek het na jou gestaar en niks gesê nie oor ek eerlik te senuagtig was ek sê iets simpel. Maar ons is lief vir jou en baie, baie dankie.”

Jinne, Chrissy ek voel jou, hoor. Ek sou heel waarskynlik ook met ’n mond vol tande gestaan het as Queen B voor my gestaan het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters