10 dae gelede
‘Still Breathing’ blaas sy laaste asem uit vanaand
NIE MEER SAAM: T-Boss (Siv Ngesi) se vrou Noli (Fulu Mugovhani) verlaat hom in laas week se episode.  ~ Foto Verskaf

JINNE, ek is so hartseer ek wil dit nie eens hardop sê nie – vanaand is die laaste episode van die briljante local series Still Breathing.

Hopelik gaan fans vanaand antwoorde op hul vrae kry.

Dié M-Net-reeks het nie net die lig geskyn op die lewe, dood en al die stories tussenin nie, dit het ons ook waardevolle lesse geleer.

Gaan die karakters in die reeks rus en vrede kry ná die tragiese ongeluk waarin hulle ’n vriend verloor het?

En belangriker, gaan hulle mekaar kan vergewe vir alles wat intussen gebeur het?

Geslaan

En dít net omdat sy onthul het dat Trent (Brendan Pollecutt) en Candice (Shannon Esra) ’n affair aan het.

Hoekom het Jess (Tiffany Barbuzano) besluit om aan haar verhouding met Danny (Brandon Auret) te werk al het hy haar geslaan?

Wat gaan met T-Boss (Siv Ngesi) gebeur noudat sy vrou Noli (Fulu Mugovhani) hom in laas week se episode gelos het? En wat gaan hy doen as hy uitvind sy vriendin en love interest, Candice, het met sy oorle vriend Trent gejol?

Die DStv-kanaal het uitdruklik in die persverklaring gesê dat dit die eerste seisoen van Still Brea­thing is.

Kom ons hoop daar kom ’n tweede seisoen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters